Die matriekslaagsyfer van 2010 is bekook.
In aanloop tot die landwye stadsraadsverkiesing vanjaar, is dit vir die ANC-regering van uiterste belang om ‘n sy beeld te poets en is dit hoogs waarskynlik dat die matriekslaagsyfer bekook is.
Met ‘n styging van 7 persentasiepunte in die matriekslaagsyfer maak die ANC baie mense gelukkig. Veral die 2010 matrieks en hulle ouers en natuurlik die swart onderwyser vakbond Sadou met sy meer as 200 000 lede.
Na verlede jaar se uitval tussen die ANC-regering en Sadou oor ‘n salaris geskil, sal dit daarom baie onwys wees om die geskil verder te dryf met ‘n swak matriekslaagsyfer.
Sadou is ‘n lid van die vakverbond Cosatu wat op sy beurt ‘n alliansie vennoot van die ANC is. Dié vakverbond is letterlik die ANC se organisasie op voetsoolvlak. Sonder die steun van Cosatu (en Sadou) in die stadsraadsverkiesing vanjaar, is die ANC se hande en voete afgekap.