Wie is Ons?

André Alkema

André Alkema

Uitvoerende Voorsitter

andrealkema@gmail.com
+27 82 570 0184

André Alkema, taalaktivis, oudonderwyser, sakeman en wewenaar is gebore op 12 Augustus 1953 te Brakpan. Sy pa was ’n predikant en kunstenaar, en sy ma ’n musikant en boekhouer – gelukkig getroud en het agt kinders in die lewe gebring.

Hy was drie keer getroud, het drieseuns en ’n dogter grootgemaak – al vier is gelukkig getroud, en woon steeds in Suid-Afrika. Daar is nege kleinkinders.

Hy is sedert 1994 betrokke by die GHA in verskeie hoedanighede.

Coert Grobbelaar

Coert Grobbelaar

Visievoorsitter

Coert Grobbelaar het aan Hoërskool President in Ridgeway, Johannesburg gematrikuleer. Daarna het hy sy tersiêre in regsgeleerdheid aan die Randse Afrikaanse Universiteit voortgesit. Nadat hy vir ses jaar in die Suid-Afrikaanse Polisie se regsafdeling werksaam was, het hy na Duitsland vertrek om sy studies in sang voort te sit.

Later het hy weer na Suid-Afrika terug gekeer om sy werksaamhede hier voort te sit.

Lees meer…

 

Martn Jansen

Martn Jansen

Martin Jansen se eerste voltydse omroeperspos beklee hy in 1981 by Radiokansel. Vanaf 1983 tot 1988 doen hy die Landbouradio-program. Daarna was hy voltyds omroeper/regisseur by die destydse Radio SA tot 1999.
Vanaf 2000 is hy voltyds by PretoriaFM en wen 3e prys in 2008 in RSG/Sanlamdramaskryfkompetisie. .

Martin is baie lief vir diere, die veld en beskou kosmaak as terapie. Hy het ‘n wonderlike lewensmaat en is onbeskaamd lief vir die Woord en die woord.

Malinda Venter

Malinda Venter

Randmeester

Malinda Venter het aan Hoërskool CJ Langenhoven gematrikuleer. Sy het as ‘n dept/kredit klerk by MHVS begin. Daarna haar eie besighede by Rayton Skrootwerf, DM General Dealer Pawn Brokers & Auctioneer en De Oude Keuken Antieques en boekwinkel, begin.

Getroud met Jaco Venter, het 6 kinders en 7 kleinkinders.

“Ek is ‘n Boere Afrikaner vrou wat lief is vir my Geskiedenis, Taal en Kultuur,” sê Malinda.

Estelle Pretorius

Estelle Pretorius

Digter, Skrywer & Proefleser

Estelle Pretorius het aan Helpmekaar Hoër Meisieskool gematrikuleer en nagraads aan UP studeer.

Sy is ‘nkultuurhistorikus, digter, taalkundige en vryskutnavorser.
Verskeie publikasies het al uit haar pen verskyn.

Sy is ‘n weduwee en het twee volwasse kinders.

Anita du Plessis

Anita du Plessis

Admin

manitar2025@gmail.com
+27 82 77 88 697

Anita du Plessis is ‘n gebore Pretorianer wat in die Vrystaat grootgeword het, en die afgelope 40 jaar in Brits woon.

Sy werk as administratiewe beampte by ‘n herwinningsmaatskappy.

Sy het ‘n getroude dogter en een kleinkind.

Anita is ‘n versamelaar van oudhede en boeke en is baie lief vir haar moedertaal, ons mense, gedigte, kuier, rondreis, honde en katte, en veral foto’s neem.