Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans

GHA-SKRYFKOMPETISIE 2026

Geagte Skrywers

Die GHA publiseer vanjaar sy 21ste bundel Stemme uit die Suiderland. Die bundels is die resultaat van ’n jaarlikse landswye skryfkompetsie waaraan volwassenes en hoërskoolleerders kan deelneem. Die doel van die kompetisie is om Afrikaans te bevorder deur die skrywe van oorspronklike gedigte en prosa aan te moedig. Die skryfwerk word deur ’n groep kundiges gekeur en alle verdienstelike gedigte en prosa word gepubliseer.

Pryse ter waarde van R1000 elk word aan die wenners van die onderskeie afdelings van die Opedigkompetisie uitgeloof en in Januarie 2027 tydens ’n  spesiale spoggeleentheid toegeken. Die Algehele Wenner van die volwasse/ope afdeling sal ’n prysgeld van R4 000, ’n selfpubliseerboekprys ter waarde van R1000, ’n penning en ’n sertifikaat ontvang. Die wenners van die afdeling vir leerders R2 000, R1000 en twee aansporingspryse van R500 plus ’n penning en ’n sertifikaat.

 

Reëls

Die onderstaande reëls moet streng nagekom word, ten einde te kwalifiseer:

      1. Die skrywer moet ’n onderneming onderteken dat die werk wat ingedien word, sy/haar eie oorspronklike, in-persoon-geskrewe gedigte/prosa is, in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Wet 98 van 1978. Plagiaat is ’n ernstige oortreding wat tot vervolging kan lei. KI (Kunsmatige Intelligensie of AI) mag ook onder geen omstandighede gebruik word nie. Skrywers wat hulle hieraan skuldig maak, sal gediskwalifiseer word.
      2. Inskrywings open op 15 MAART 2026 en sluit op Woensdag 15 JULIE 2026 om middernag. GEEN INSKRYWINGS SAL DAARNA AANVAAR WORD NIE. Die beoordelaars se beslissing is FINAAL en geen briefwisseling of kontak van enige aard sal na die beoordeling daaroor plaasvind nie.
      3. Slegs nuwe en ongepubliseerde werk mag ingeskryf word.
      4. Gedigte (Volwassenes): ’n Digter mag slegs 10 gedigte inskryf – maksimum 3 in ’n afdeling.

Inskrywingsgeld: R50 per gedig. Bewys van betaling moet die inskrywing vergesel,  asook ’n lewenskets en ’n duidelike kop-en-skouerfoto. Stuur dit aan gha@afrikaans.org.za

Gedigte (Hoërskoolleerders): Elke leerder mag slegs 10 gedigte inskryf – maksimum 3 in ’n afdeling.

Inskrywingsgeld: R30 per gedig. Bewys van betaling moet die inskrywing vergesel, asook ’n lewenskets en ’n duidelike kop-en-skouerfoto. Stuur dit aan gha@afrikaans.org.za

 FORMAAT VAN GEDIGTE:

  • Slegs MSWord- (doc/docx) dokumente word aanvaar. Geen PDF-dokumente nie.
  • Letterstyl: Arial 12
  • Lynspasie: 1.5
  • Maksimum 50 karakters per versreël
  • Lengte: maksimum 30 reëls per gedig
  • Geen lasterlike of onwelvoeglike taalgebruik nie
  • Moenie elke versreël met ’n hoofletter begin nie, tensy dit doelbewus so geskryf is 
      1. Prosa: (Ope afdeling): Vanjaar is daar ’n nuwe ope afdeling van die skryfkompetisie, naamlik ’n kort skets (1 000 – 1 500 woorde) na aanleiding van ’n illustrasie/foto. ’n Skets is nie ’n kortverhaal nie, maar ’n indruk-gebaseerde prosastuk wat stemming, ’n situasie of karakter uitbeeld. Dit is dus meer beskrywend met minder klem op ’n storielyn. Die wenner sal R3 000 prysgeld en selfpubliseerboekprys ter waarde van R1000 ontvang. Elke skrywer mag slegs 1 skets Inskrywingsgeld: R100. Bewys van betaling moet die inskrywing vergesel, asook ’n lewenskets en ’n duidelike kop-en-skouerfoto. Stuur dit aan gha@afrikaans.org.za

BANKBESONDERHEDE: ABSA BANK, TAKKODE 632005, REKENINGNOMMER 730140223. Verwysing: Deelnemer se van en voorletters. 

TEMAS 2026

VOLWASSENES

  1. Stilte en drome
  2. Verset teen onreg
  3. Geloof
  4. Spore van die verlede
  5. Liefde
  6. Humor
  7. Die Gelofte
  8. Seisoene
  9. Vergifnis
  10. “As die son oor my vloer in die more kom loer …” (Jan FE Celliers)

LEERDERS

  1. Suid-Afrika, land van melk en heuning
  2. As jy deur my oë kon sien
  3. Drumpel
  4. Vriendskap

PROSA: Illustrasie/Foto

Skryf ’n kort skets van 1000 tot 1500 van meegaande foto, skryf dit in en wen R3000.

 

ALGEMEEN

Die beoordelaars en/of GHA-taalversorgers mag die ingeskrewe werke taalkundig redigeer vir publikasie sonder die skrywers se toestemming, maar sal daarin geken word. Skrywers word aangemoedig om hulle werk vooraf taalkundig te laat versorg.

Beoordeling geskied anoniem.

Stuur alle navrae aan gha@afrikaans.org.za