Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans

Tolbos

Tolbos

Maart 2026

Bernard Lubbe (12) van Lydenburg Akademie CVO was die eerste persoon wat van die Majubaberg
afgekom het, en Anita du Plessis het trots sy medalje om sy nek gehang.

Agter hulle staan Jaco en Malinda Venter van die GHA, gereed om besoekers te ontvang.

Lees meer…

Tolbos

Tolbos

Februarie 2026

Op 22 Februarie 2026 maak die GHA sy 2026-Digkompetisie bekend.

Dit vind plaas om 3nm in die Pierneefteater tydens die opvoering “My Moedertaal Afrikaans van Toeka tot Nou” deur Abri le Roux en Mignon Mahne waar hulle Afrikaanse gedigte gaan voordra van Marais tot Breyten … asook gedigte uit Stemme uit die Suiderland!

Lees meer…

Tolbos

Tolbos

Januarie 2026

Die laaste van die takhare, ’n kostelike komedie deur senator CJ Langenhoven gaan later vanjaar deur die GHA in die AfriForum Teater op die planke gebring word om erkenning te gee aan een van ons grootste taalstryders.

Langenhoven, ook bekend as Sagmoedige Neelsie, was ’n groot kampvegter vir Afrikaanse skole en Afrikaans as amptelike taal in die Unie van Suid-Afrika. Hy is ook die skrywer van Die Stem, die Afrikaner se volkslied uit ’n vorige eeu.

Lees meer…

Tolbos

Tolbos

Oktober 2025

Op Saterdag 27 September het sowat 150 persone in Villiers bymekaar gekom om AFRIKAANS100 te vier.

Die GHA is uitgenooi om dit by te woon. Ons het ’n klompie digbundels en yskasmagnete van President Paul Kruger 200 te koop aangebied. Die personeel van Villiers Gekombineerde Skool het ’n pragtige geleentheid aangebied met prof Strydom (86) en Lizz Meiring as gaskunstenaars.

Lees meer…

Tolbos

Tolbos

September 2025

Op 20 September 2025 het die Genootskap, na behoorlike kennisgewing aan al die GHA-lede, in die AP Kerksaal, Pretoria-Oos vergader en gereorganiseer nadat die vorige Hoofbestuur in gebreke gebly het om ’n Jaarvergadering volgens die Grondwet van die GHA voor die einde van Mei 2025 te hou.

Lees meer…

Tolbos

Tolbos

Augustus 2025

Die embleem AFRIKAANS150 is spesiaal ontwerp om nie net die 100 jaar van die amptelike status van Afrikaans te vier nie, maar ook die stigting van die GRA 150 jaar gelede in die Paarl toe agt man onder leiding van ds. SJ du Toit die vergadering gehou het om te praat oor die vertaling van die Bybel in Afrikaans.

Lees meer…