In Sake 24 p 6 (Beeldย Maandag 11 April 2011) word โn waarheid wat die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) die afgelope 17 jaar sedert ons stigting voortdurend beklemtoon, weereens onderstreep nl dat die Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika die grootste enkele sektor van die koopkrag van die Suid-Afrikaanse bevolking uitmaak.
In die rubriekย Reklamesieningย van Wilma de Bruin skryf sy wat mnr John Farquhar op sy 83 ste verjaarsdag op sy webwerf gesรช het oor die beduidende koopkrag van die Afrikaanssprekendes. Daaruit kom die volgende feite na vore: dat โdie gemiddelde inkomste per Afrikaanse individu 60% meer (is) as die gemiddelde inkomste per Suid-Afrikaanse individu..โ. Met hierdie groter inkomste loop die Afrikaanssprekendes dan voor wat betref die koop van aftree-annuรฏteite, begrafnispolisse, medieseskema lidmaatskap en ander versekering. Hulle gebruik ook gereeld kitsbanke en telefoon-en internetbankdienste.
Ook wat betref voertuigfinansiering, huisverbande, tjekrekenings en kredietkaarte verteenwoordig Afrikaanssprekendes โn groot deel. So gaan Farquhar aan om aan te toon dat Afrikaanssprekendes op talle ander terreine van die ekonomie hulle kant bring deur hulle deelname en gebruik