
Goeiedag Vriende van die Digkuns
In die eerste deel van die nuwe jaar, heet ons jou welkom by vanjaar se Digkompetisie. Ons gaan vroeg wegspring met ons aktiwiteite. Ons vertrou dat 2025 groot vreugdes vir jou gaan inhou.
2025 is ’n besondere jaar, want Afrikaans vier onderskeidelik haar 100- en 150ste verjaarsdae — vir ons as Suid-Afrikaners, ’n hoogtepunt van dankbaarheid.
Het julle al daaroor nagedink dat ons reeds vir ’n kwart van hierdie eeu totsiens gesê het. ’n Paar van julle sal onthou hoe vreesbevange ons die draai van die eeu 25 jaar gelede beleef het. Daar was sprake dat alles tot stilstand sou kom: geen kommunikasie, geen internet, te korte aan voorrade en wat nie alles nie. En tog, alles het voortgegaan sonder enige groot drama. Daarin sien ons die sterk hand van ’n bewarende God en hemelse Vader.
Dink net hoe reëlmatig alles is. ’n Voorwerp of ’n aspek kan in vier gedeel word en die een deel word ’n kwart genoem. Daar is talle kwartverdelings, wat ons nie eers agterkom nie: in ’n jaar, ’n eeu, ’n horlosie, vier windrigtings, vier seisoene, die agterkwart van ’n bees, kwarteindronde, kwartlyn, vier evangelies en meer. Dit beteken balans en harmonie, stabiliteit en orde.
By die GHA gaan ons poog om met ons Digkompetisie klem te lê op ontwikkeling en die bou van ’n meer professionele fondament vir die toekoms van ons trotse en spogdigbundel Stemme uit die Suiderland.
Soos verlede jaar, is daar twee fasette van ons kompetisie, dié vir die volwassenes en dié vir ons leerders. Ons wil in die besonder ons jeug aanmoedig om deel te neem. Spoor gerus die jongelinge langs en oor jou pad aan om in te skryf.
Aangeheg is die riglyne of Reëls van die Digkompetisie. Dit sluit die prosedures, reëlings, sowel as die reëls van die kompetisie in. Ons doen ’n beroep op julle om asseblief die reëls baie deeglik te bestudeer. Dit is hersien en heelwat nuwe aspekte word aangespreek.
Verder is ook die temas vir 2025 ingesluit. Jy sal merk dat ’n paar van die ou bekende temas weer vanjaar gebruik kan word, maar dat daar ook heerlike nuwe temas is.
Ons het besluit om vanjaar onder elke tema ’n paar subtemas te gee. Die doel daarmee is om jou gedagtes te stimuleer en min of meer vir jou ’n koers aan te dui. Jy mag van die voorstelle gebruik maak, maar jy hoef glad nie jouself aan bande daarmee te lê nie.
Die kompetisie open vir inskrywings op Maandag, 27 Januarie. Skakel gerus ons sekretaresse, Claudine, by 081 250 5060 of stuur ’n epos na gha@afrikaans.org.za vir meer inligting of om inskrywings te kan doen. Vanjaar gaan die inskrywings weer aanlyn gedoen word. Maak dus seker hoe dit gedoen word om vertragings te voorkom.
Die sluitingsdatum vir die indiening van u gedigte is 4 Mei om middernag – dis vroeër as in die verlede. Begin dus betyds om jou muses op te roep, te mediteer en kontempleer oor die temas.
Ons wens jou ’n vrugbare eerste kwart van 2025 toe. Mag jou verbeelding jou op die vier windrigtings dra en jou gedagtes jou op reis neem saam met die vier seisoen na ’n onbekende en seëvierende hoogte.
Vriendelike GHA-groete
Louise Lachenicht
Koördineerder
Digkompetisie-reëls Volwassenes en Leerders 2025
Doel van die kompetisie:
• Die aanmoediging om onder alle ouderdomsgroepe oorspronklik-geskryfde Afrikaanse digkuns te bevorder.
• Die Hoofbestuur mag in enige stadium ook ’n skryfwerkswinkel/kursus vir digters aanbied waaraan vrywillig deelgeneem kan word.
Oorspronklike werk
Vir deelname aan hierdie kompetisie, moet die digter sy/haar EIE OORSPRONKLIKE, in
PERSOON-GESKREWE gedig/te inskryf, in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Wet op
Kopiereg, Wet 98 van 1978.
Plagiaat is ’n ernstige oortreding wat tot vervolging kan lei en word dus in geen omstandighede toegelaat nie.
Die mees algemene vorme van plagiaat is die volgende:
• Direkte Plagiaat
Die woord-vir-woord kopieer van iemand anders se werk sonder om krediet te gee.
Voorbeeld: Om ‘n strofe uit ‘n boek te kopieer en dit as jou eie voor te hou.
• Parafraseringsplagiaat
Om iemand anders se idees in jou eie woorde te herskryf sonder om die bron te erken.
Voorbeeld: Om ‘n artikel/inligtingstuk/prosa of poësie te lees, die inhoud te herskrye in poëtiese taal en nie die skrywer te noem nie.
• Mozaïekplagiaat
Die meng van frases, sinne of idees van verskillende bronne sonder korrekte aanhaling.
Voorbeeld: Om dele van verskeie bronne te kombineer en voor te gee dit is oorspronklike werk.
• Self-plagiaat
Die hergebruik van jou eie vorige werk sonder om dit aan te dui of toestemming te vra.
Voorbeeld: Om ‘n ou gedig vir ‘n nuwe taak in te handig sonder om dit te verklaar.
• Onbedoelde Plagiaat
Wanneer ‘n mens per ongeluk nalaat om bronne korrek aan te haal, dikwels as gevolg van onkunde of slordigheid.
Voorbeeld: Om nie ‘n bron te erken as jy ‘n idee uit ‘n gesprek/geskrif of lesing gebruik het nie.
Die digter mag ook hoegenaamd nie van kunsmatige intelligensie gebruik maak nie. Die inskrywing van die deelnemer aan die Digkompetisie van die GHA, moet dus uit die digter se eie “pen” vloei, met ander woorde sy/haar eie gedagtes en kennis in die vorm van ’n gedig wees. Indien die inskrywing hiermee in stryd is, sal die GHA as organisasie, sowel as die beoordelaars gevrywaar word teen enige beswaar of aksie wat daarteen ingestel word.
Organisasie van die kompetisie
1. Inskrywingsreëls:
1.1 Die sluitingsdatum van die Digkompetisie is op Sondag, 4 Mei 2025 om middernag. Inskrywings is daarna gesluit.
1.2 Die GHA maak jaarliks ’n aantal temas bekend, waaruit digters onderwerpe kan skep
en gedigte daaroor kan skryf. Die temas van die volwassenes kan van dié van die
leerders verskil. Digters kompeteer dus per tema met mekaar.
1.3 Inskrywingsvorms is by die GHA-kantoor beskikbaar of kan op die GHA se webtuiste
gedoen word.
1.4 Die Digkompetisie behels twee afdelings waarin meegeding kan word, naamlik
2.4.1 Volwassenes, en
2.4.2 Leerders, wat weer die volgende vlakke ingedeel kan word:
2.4.2.1 Die senior fase – Grade 7 tot 9
2.4.2.2 Die Volwasse Onderwys en Opleiding – Grade 10 tot 12
1.5 Die reëls van die kompetisie tesame met die jaarlikse temas is ook in Januarie van
elke jaar by die kantoor beskikbaar. Dit word ook deur middel van sosiale media bekend gestel.
1.6 Geen inskrywing sal aanvaar word indien die inskrywingsgeld nie ten volle voor of op
die sluitingsdatum inbetaal is nie. Bewys van betaling moet die inskrywing vergesel. Die Administratiewe Beampte mag slegs gedigte wat aan ALLE vereistes van die kompetisie voldoen, aanvaar.
1.7 Indien die digter ’n lid van die GHA is en dus sy/haar ledegeld vóór die sluitingsdatum
van die Digkompetisie ten volle betaal het, kan die gedigte met ’n afslag van R10 per
gedig ingeskryf word. Die digter betaal dus R35 per gedig om in te skryf.
1.8 ’n Kop-en-skouerfoto van die digter moet die inskrywing vergesel. Dit moet groot
genoeg en welvoeglik wees wat vir die publikasie van die gedig/te gebruik kan word.
Verseker dat die foto duidelik, groot genoeg en verkieslik in kleur is. ’n Goed beligte
selfoonfoto is aanvaarbaar.
1.9 Maksimum aantal inskrywings:
Slegs vier gedigte per Tema-afdeling mag ingeskryf word nie, dus 40 gedigte in
totaal.
1.10 Geen persoon wat ingeskryf het vir die Digkompetisie mag vanaf die lootsingdatum
tot en met glansgeleentheid op enige tydstip van die kompetisie of beoordeling met
enige lid van die bestuur van die GHA, Administratiewe beampte, Koördineerder of
beoordelaars op welke wyse ook al kommunikeer of skakel nie.
1.11 Kompetisiedeelname van ’n borg, die Administrateur, Koördineerder, beoordelaar,
bestuurslid of werknemer van die GHA is nie toelaatbaar nie.
1.12 Die beoordelaars en lede van die Hoofbestuur mag in geen stadium, voordat die
beoordelingsproses finaal afgehandel is, toegang tot die name van, of ander inligting
oor die digters, verkry nie.
2. Reëls vir die skryf van gedigte vir die kompetisie
2.1 Formaat van gedigte:
3.1.1 Geen PDF-dokumente word toegelaat nie. Slegs MSWord- (Doc/Docx)
dokumente sal aanvaar word.
3.1.2 Die letterstyl moet Arial, 12 punt wees.
3.1.3 Lynspasie moet 1.5 wees.
3.1.4 Die aantal karakters per versreël is vasgestel op ’n maksimum 50, wat spasies
en leestekens insluit. Die lengte van die versreël mag dus nie na ’n volgende
reël oorloop nie.
3.1.5 Die lengte van gedigte is ’n maksimum van 30 reëls per gedig.
3.1.6 Geen skanderings of fotokopieë word aanvaar nie.
2.2 Taalgebruik:
2.2.1 Gedigte moet in algemeen beskaafde Afrikaans of Standaardafrikaans geskryf
wees.
2.2.2 Gedigte met lasterlike- of onwelvoeglike taalgebruik of wat persoonlikhede of
sake aftakel, sal nie aanvaar word nie.
2.2.3 Die gebruik van Engelse woorde, anglisismes of “slang” is nie toelaatbaar nie.
Indien ’n Engelse woord by gebrek aan ’n Afrikaanse woord, gebruik móét word
en geen alternatief beskikbaar is nie, moet die Engelse woord in kursiewe
letterstyl aangedui word.
2.2.4 Indien ’n Engelse leenwoord in die volksmond vir ’n geruime tyd bestaan, en
moontlik al in die Afrikaanse spelreëls gebruik word, is dit toelaatbaar, maar
moet tot die minimum beperk word, soos die selfstandige naamwoord “tissue”
en byvoeglike naamwoord, “cool” waar Afrikaanse spelreëls toegepas kan
word: “cooler,” “coolste.”
3. Plasing van gedigte in Afdelings, verklaring en publikasies elders:
3.1 Die digter besluit self in watter temagroep of afdelings sy/haar gedigte ingeskryf word.
’n Gedig mag slegs in een afdeling ingeskryf word, al is daar elemente in die gedig
wat met ander afdelings oorvleuel.
3.2 Verklaring deur digter: Elke digter wat vir die kompetisie inskryf, moet ’n verklaring
onderteken en saam met die gedigte instuur:
• “Ek bevestig as die digter, of as die digter onder die ouderdom van 18 is, sy/haar ouer of voog, dat ek die reëls en prosedures van die GHA se Digkompetisie deurgelees het, verstaan en aanvaar het.
• Ek verklaar dat die ingediende gedig/te my eie oorspronklike werk is.”
• Ek, as deelnemer aan hierdie kompetisie, vrywaar die GHA van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit deelname aan hierdie kompetisie.
3.3 Reeds gepubliseerde gedigte: Gedigte wat by ander kompetisies ingeskryf was, of in
’n bundel of sosiale media gepubliseer is of pryse in sulke kompetisies gewen is, is
nie vir die GHA-kompetisie aanvaarbaar nie.
3.4 Gelyktydige deelname: Gedigte wat gelyktydig ook vir deelname aan ander
digkompetisies ingeskryf is, is nie aanvaarbaar nie.
3.5 ’n Gedig wat nie deur die GHA gepubliseer is nie, mag nie weer vir enige volgende
jaar ingeskryf word nie.
3.6 Publikasie van eie digbundels: Digters mag nie van die gedigte wat in die kompetisie
ingeskryf is, publiseer voordat die GHA se digbundel vrygestel is nie, dit wil sê
gedigte wat reeds in die digter se eie bundel(s) verskyn, mag nie vir die
Digkompetisie ingeskryf word nie.
3.7 GHA se regte vir publisering van gedigte:
Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen en binne die
reëls van die kompetisie goedgekeur word, sal in ’n volgende uitgawe van die
bloemlesing, Stemme uit die Suiderland, gepubliseer word. Op hierdie wyse gee die
deelnemers kopiereg aan die GHA ten opsigte van die gebruik van enige gedigte wat
vir hierdie kompetisie ingeskryf is, en vir die gebruik in die toekomstige publikasies of op die GHA se sosiale mediaplatforms.
4. Vereistes van wenners van afdelings:
4.1. Die gedigte wat Afdelings wen, moet aan ’n minimum standaard voldoen om as
wenner aangewys te word. Die standaard vir ’n wengedig sal ’n toekenning van ten
minste ’n gemiddeld van 75% moet wees.
4.2 Uit die gedigte wat gepubliseer gaan word, word die Algehele wenner, die
Naaswenner en wenners van die verskillende temakategorië aangewys.
4.3 Indien boekpryse en/of enige ander pryse toegeken gaan word, sal die
Koördineerder van die kompetisie in samewerking met die beoordelaars die
toepaslike gedigte aanwys.
5. Beoordeling:
5.1 Die beoordelaarspaneel bestaan uit ’n Koördineerder en ’n aantal bekwame
beoordelaars.
5.2 Die Bestuur wys jaarliks die beoordelaars vir die volwassenes en aparte beoordelaars
vir die leerders aan. Dit moet verkieslik ’n onewe getal wees.
5.3 Die Hoofbestuur van die GHA keur die Beoordelingsproses, waarvolgens die
gedigte beoordeel sal word, goed.
5.4 Tema-afdelings kan tussen beoordelaars verdeel word.
5.5 Die leerders in die verskillende fases word gesamentlik beoordeel en hulle
ding om dieselfde pryse mee. Die beoordelaars neem egter wel in ag dat die jonger
leerders se kennis en vaardighede verskil van dié wat in die meer gevorderde
grade is. Daar is dus verskillende kriteria waarvolgens daar beoordeling gedoen sal
word.
5.6 Die beoordelaars kan na samesprekings met die Bestuur van die GHA, die aantal
gedigte wat gepubliseer sal word, beperk.
5.7 Die beoordelaars en/of GHA-taalversorgers mag die gedig taalkundig redigeer sonder
die toestemming van die digter. Dit bly ’n kompetisie en derhalwe kan die
beoordelaar nie met die digter daaroor kommunikeer nie. Inhoudelik, egter, sal die
gedig geplaas word soos wat dit geskryf is, al is daar gedeeltelik miskien
tekortkomings.
5.8 Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen briefwisseling sal deur die
beoordelaars of lede van die Hoofbestuur gedurende of na die beoordeling daaroor
gevoer word nie. Daar mag dus geen kontak oor die kompetisie en/of inskrywings
tussen die beoordelaars en digters wees voordat die beoordelingsproses finaal
afgehandel is nie.
5.9 Die beoordelaars se name mag nie sonder hulle toestemming bekend gemaak word
nie.
6. Betalings:
6.1 Die inskrywingsbedrag word jaarliks deur die Bestuur van die GHA vasgestel.
6.2 Vir 2025 is die inskrywingsbedrag vir die volwassenes R45 per gedig en vir die
leerders R35 per gedig.
6.3 Slegs EFT-betalings sal aanvaar word. Geen kontant-inbetalings sal by die GHA-
kantoor gedoen kan word nie.
6.4 Bankbesonderhede: GHA, ABSA Bank, Takkode: 632005,
Rekeningnommer: 730140223.
6.5 Verwysing: Van en voorletters van deelnemer.
6.6 Bewys van betaling: Stuur aan gha@afrikaans.org.za voor of op sluitingsdatum.
6.7 Erkenning van ontvangs van inskrywings sal per e-pos op WhatsApp gedoen word.
7. Diskwalifikasie:
7.1 Indien ’n digter hom/haar skuldig maak aan enige verbreking van die bogenoemde
reëls, sal die gedig/te gediskwalifiseer word.
7.2. Indien die digter deur die Bestuur van die GHA en beoordelaarskomitee aan ernstige
oortredings, soos plagiaat skuldig bevind word, sal die digter gediskwalifiseer word, en
sal hy/sy ten opsigte van al sy/haar inskrywings gepenaliseer word. Vir die
daaropvolgende 36 maande mag die digter nie aan die kompetisie deelneem nie.
7.3 Waar ’n digter gediskwalifiseer sal word, sal die Bestuur of Koördineerder jou skriftelik
daarvan verwittig. Geen verdere korrespondensie sal daarna per e-pos of telefoon
gewissel word nie.
7.4 In bogenoemde geval: Indien die digter ’n wenner van enige afdeling(s) van die kompetisie mag wees, moet die volle pryskompliment teruggegee en besorg word.
7.5 Maak dus betyds seker van alle inskrywingsprosedures.
8. Toekennings aan wenners:
8.1 Die toekennings kan van jaar tot jaar gewysig word. Vir 2025 is dit soos volg:
9.1.1 Volwassenes:
Algehele wenner: ’n Pryskompliment ter waarde van R3,000-00
Naaswenner: ’n Pryskompliment ter waarde van R2,000-00
Afdelingswenners: ’n Pryskomplement ter waarde van R1,000-00
9.1.2 Leerders
Algehele wenner – ’n Pryskompliment ter waarde van R2,000-00
Naaswenner – ’n Pryskomplement ter waarder van R1,000-00
Afdelingswenners – ’n Pryskomplement ter waarde van R 500-00
Enige toepaslike verdere pryse indien die Bestuur dit goeddink, kan oorhandig word.
8.2 Die toekenning van sertifikate: Die Bestuur van die GHA sal bepaal aan wie sertifikate uitgeryk word asook die kriteria vasstel.
8.3 Prysgeld kan ook in ’n alternatiewe vorm of in natura gegee word.
8.4 Slegs die Koördineerder, die Administratiewe beampte en die voorsitter/waarnemende
voorsitter mag weet watter gedigte van ’n bepaalde digter of bepaalde digter/s die
wenner/s is.
8.5 Die uitdeel van pryse sal tydens ’n spoggeleentheid plaasvind.
8.6 Die digters sal per e-pos van die datum en plek van die spoggeleentheid in kennis gestel word.
9. Wenke:
9.1 Digters word aangemoedig om hulle gedigte vroegtydig en betyds vir inskrywing deur
ervare digters of taalkundiges te laat proeflees. Spelling, afkortings en taalreëls moet
deeglik nagegaan word. Dit beïnvloed die beoordelaars se indrukke van die eindproduk.
Dit kan bydra tot die keuse van die gedig as wenner of om in Stemme uit die Suiderland-
digbundel gepubliseer te word.
9.2 Indien ’n digter van ’n proefleser gebruik maak, mag laasgenoemde slegs spelling en
taalkundige foute aandui. Geen veranderinge mag op aanbeveling van die proefleser
aan die oorspronklike gedig aangebring word nie.
9.3. Digterlike vryheid mag toegepas word. Die digter hoef nie gebonde te voel tot die
letterlike betekenis van die tema nie.
9.4. ’n Kreatiewe benadering tot die onderwerp en oorspronklike titels kan in die guns van die
digter tel.
9.4 Indien daar van ander digters of skrywer se idees gebruik gemaak word, moet dit as
intertekstuele verwysing hanteer word, naamlik daar moet erkenning gegee word aan die
digter/skrywer van wie gebruik gemaak word. Dit moet as ’n voetnota by die gedig
geplaas word.
9.5 Skakel gerus op die GHA se FB-blad in en bly op hoogte van die vordering met die
beoordeling en deel die liefde vir ons lieflingstaal, AFRIKAANS.
10. Kommunikasie en navrae oor kompetisie
10.1 Indien enige duidelikheid oor enige aspek van die kompetisie nodig is, kan vóór die
sluitingsdatum van die kompetisie met die Administrateur by die GHA-kantoor kontak
gemaak word.
10.2 GHA se kontakbesonderhede:
10.1.1. E-pos adres: gha@afrikaans.org.za
10.1.2 Telefoonnommer: 081 250 5060
10.3 Kommunikasie van die Administrateur en Koördineerder met die digters:
10.3.1 Die Koördineerder sal deur middel van e-posse kontak met die digters behou.
10.3.2 Digters sal deur die GHA-bestuur se sosiale media-blad en deur algemene
skrywes van die vordering van die beoordeling op hoogte gehou word.
10.3. E-posse sal ook aan digters uitgestuur word van wie daar nie gedigte in die
bundel opgeneem sal word nie.
Die Bestuur, Koördineerder en Beoordelaars sien uit daarna om die gedigte van uit alle oorde en uithoeke van ons mooi land te ontvang.
GHA Temas 2025 Volwassenes
- AFRIKAANS 100/150
- “Afrikaans, die taal van my hart,” Stef Bosch
- Afrikaans, “ek is wat ek is,” Amanda Strydom
- “Afrikaans, vat my soos ek is,” Amanda Strydom
- “O, moedertaal, o, soetste taal,” Boerneef
- Afrikaans, my taal, my trots
- Die mooiste moedertaal, Afrikaans
- ERFENIS: (Taal uitgesluit)
- Paul Kruger 200
- Kruger is die personifikasie van die Afrikanerdom (Wikipedia)
- Die Krugermiljoene
- Kruger, die tragiese volksheld
- Die Wildtuin – die Nasionale Krugerpark
- Oom Paul, sy nalatenskap
- Paul Kruger, held in eie reg
- Erfgoedere “’n Trotse Afrikanerhart word aan die brand gesteek,” René Krüger
- Musiek: Die strelende note sing in my ore
- Letterkunde: “… die aarde is deur ’n digter gemaak,” T.T. Cloete
- Geskiedenis
- Monumente
- Tradisies
- LIEFDE
- Seisoene van die liefde
- ’n Liefde wat nooit ophou nie
- Ware liefde ken nie ’n horlosie nie
- “Dit kring om jou, dit kring om my,” D.J. Opperman
- “Kom in die aand en geniet van haar geure,” A.G. Visser
- GEESTELIK
- “ … wanneer ek dieper kyk en dink / as wat ’n sondaar pas,” Totius
- Wapenrusting
- Gebed en genade
- Geestelike bewuswording/verwondering
- Gestroop van jou masker
- Geestelike lig en lewe
- “ … weerloos wordend,” Elisabeth Eybers
- Belydenis
- KOMIES EN HUMORISTIES
- “ … maak jou reg vir die spokewals,” Boerneef
- Tong-in-die-kies
- Lag en jy lag saam, huil en jy huil alleen
- Skaterlag
- Ek wil nie nou snaaks wees nie
- Ai, toggie! Moet ek lag of huil
- Daar’s ’n tyd om te lag
- Lag maar lekker!
- “’n Druppel gal in die soetste wyn,” Eugene Marais
- Wie die laaste lag …
- Lag en wees vrolik
- Ons lag te min
- ARBEID ADEL
- Die arbeid van ons hande
- Geseënde hande
- Rol jou moue op
- Pluk vrugte uit jou arbeid
- Die moeitevolle arbeid van ons hande
- Die arbeider is sy loon werd
- Werk, werk, werk …
- Waaksaam oor jou wingerd
- Werk is veredelend
- RITME
- “Ritme hang saam met emosie,” J. Coetzee
- “Die ritmiese geluide van diep slaap” Glosbe.com
- Die klik-klak van die kastanjette
- Die ritme van tyd
- Die hoewe maak musiek
- Patrone
- “Die man het so min ritme hy sukkel om aan ‘n deur te klop.” (Uitdrukking)
- Polsslag
- Hartsnare
- “ … AS DIE SON OOR MY VLOER IN DIE MÔRE KOM LOER,”
(Die vlakte, Jan F.E. Celliers)
- Verrukking in/oor die natuur
- Asemrowende uitsig
- Die … laat my in vervoering …
- ’n Betowerende woud
- Entoesiasme om berg te klim
- In ekstase oor die see
- In vervoering oor ’n jaargety
- Vervulling
- “ … MOOI IS DIE LEWE EN DIE DOOD IS MOOI,”
(Nog in my laaste woorde, N.P. van Wyk Louw)
- Die eietydse verlore seun
- Vergete verlede
- Herontmoeting
- Vertroue
- Wins en verlies
- Die mooi van lag
- “Die lewe is te kort vir nagemaakte kaas, botter en mense,” Olka Polka
- “Nou weet ek is ons lewens soos ’n lied,” Ek het gedink, Ingrid Jonker
- SELFVERWESENLIKING
- Talente
- Ek is ek
- Ek skilder myself
- “Die enigste beperking tot ons verwesenliking van môre, sal ons twyfel van vandag wees,” Franklin D. Roosevelt
- Vrede en vryheid
- Niemand leef sonder twyfel nie
GHA Temas 2025 Leerders
- AFRIKAANS 100/150
- Ek praat in my hartstaal
- My taal is my trots
- Ek wil Afrikaans uitleef
- Die mooiste moedertaal
- Afrikaans sing in my ore
- ERFENIS (Taal uitgesluit)
- Paul Kruger 200
- Oom Paul se standbeeld op Kerkplein
- Die keil van oom Paul
- Ek wens ek kan tyd terugdraai
- Kaalvoet oor die Drakensberge
- Die Aga-stoof of die buiteoond
- “Eendag kom daar langes ’n ossewa verby,” Totius
- Die Voortrekkermonument
- Erfenisdag
- Braaivleis
- Familiebande
- LIEFDE
- Liefde is inspirerend
- Lied van die liefde
- Ek hou van jou
- Verhoudings
- My asem slaan uit
- “My nooi is in ’n nartjie,” D.J. Opperman
- GEESTELIK
- Ek is ’n kindjie klein en teer
- Gebede en genade
- Ek staan voor keuses
- Die hoop beskaam nie
- Dankbaarheid
- KOMIES EN HUMORITIES
- Ek kan dit nie glo nie
- Waar het jy daardie hoed gekry?
- Die kat kom weer (Volkswysie)
- Ek is ’n dapper muis (tradisionele kinderliedjie)
- Ons dekselse motor wil nie loop nie
- Oupa/Ouma se valstande
- Oupa/Ouma is ’n bietjie doof
- Ons papegaai
- Die vervlakste kriek
- My verjaarsdag
- DIE NATUUR
- “Dis die blond / dis die blou / dis die veld / dis die lug F.E. Celliers
- Vakansietyd
- Kleurvolle omgewing
- Staptoer
- TEGNOLOGIE
- Tegnologie, deel van my bestaan
- Verslawing
- Metodes en prosesse
- “Tegnologie is waardevol indien dit beheer word,” Wilna van Rooyen
- Wat het van die vetkers geword?
- WINKELS
- Snuffelgids
- Verkooptegnieke
- Handvaardighede
- Ons hang uit
- “Besittings bepaal nie jou geluk of skoonheid nie,“ Janie Monsieur
- BOU en BREEK
- Oomblik vir oomblik
- Meesterplan
- Ideologieë
- Selfbeeld
- Sekuriteit
- ROLMODELLE
- Tieners word meegesleur deur rolmodelle
- Wat maak van iemand ’n rolmodel?
- Gesonde lewenstylkeuses
- Inspirasie
- Selfbeeld
- ”Onder rolmodelle is daar legendes,” Riekert Botha
Inskrywingsvorm
Bankbesonderhede:
Naam: GHA
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 730140223
Verwysing: Naam en Van

Bestel jou
Stemme uit die Suiderland XIX (2024) Digbundel
Hierdie bundel is saamgestel uit keurgedigte wat vir die 2024 Digkompetisie ingeskryf is.
Die bundel word jaarliks gepubliseer deur die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (𝗚𝗛𝗔) en bied ‘n platform aan aspirantdigters en meer gekonfyte woordmeesters.
Teen slegs R400
(koerier ingesluit binne Suid-Afrika), kan hierdie uitstaande bundel deel word van jou versameling . Dit hoort op jou boekrak!
Vir enige navrae kontak: gha@afrikaans.org.za