S le Roux Marais
HERLEEF IN
Agtien voortreflike kunstenaars wat opgeneem is met Kunsliedere
Kunsliedere
Laserskyf 1
- Rooidag
- As ek moet sterwe, Liefste
- Mail, die slaaf se lied
- Heimwee
- Lied van die Wonderboom
- Geboorte van die lente
- Ruse en Stilte
- Herfsaand
- Salut D’Amour
- Wit Duiwe
- Dit is laat in die nag
- Duisend-en-Een
- ‘n Gebed
- Dis Al
- Treurlied
- Sluimerlied
- Oktobermaand
- Die Roos
- Buite suis die sagte windjie
- As Saans
Laserskyf 2
- Gee my
- Die Donkerstroom
- Voor Jou en My
- Maar EEN Suid-Afrika
- Kom dans Klaradyn
- Amor se Konfetti
- Die Balling se Boodskap
- As my hart nou wil sing
- Bosveld Huisie
- Daar’s ‘n Tyd
- Sluimer, Beminde
- Avond
- Moeder
- Lentelied
- Eenmaal
- Amoreuse Liedeken
- Slaapdeuntjie
- Gebdjie
- Nuwe Somer
- Met ‘n mandjie Rose
Rooidag
Geskryf deur: NP van Wyk Louw
Opgevoer deur: Antoinette Olivier
Heimwee
Geskryf deur: JRL van Bruggen
Opgevoer deur: Deirdré Blignaut-Rautenbach
Oktobermaand
Geskryf deur: CL Leipoldt
Opgevoer deur: Johan Coertzen
Maar EEN Suid-Afrika
Geskryf deur: AD Keet
Opgevoer deur: Duard Jonker
Kom dans Klaradyn
Geskryf deur: CF Visser
Opgevoer deur: Sandra Wolmarans Laubscher
Moeder
Geskryf deur: AD Keet
Oppgevoer deur: Werner Fourie
Die kunsliedere van S. le Roux Marais is ’n kosbare deel van die Afrikaanse musiek-erfenis. Sy werke het oor baie jare mense se harte geraak en speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van Afrikaanse kunsmusiek. Deur hierdie liedere elektronies aan te koop, help jy nie net om hierdie ryk erfenis te bewaar nie, maar maak jy dit ook moontlik dat nuwe geslagte dit kan ontdek en geniet.
Elektroniese aankoop maak dit maklik en toeganklik vir musiekliefhebbers, studente, sangers en onderwysers om hierdie besondere komposisies te gebruik. Met net ’n paar klikke kan jy toegang kry tot liedere wat vol emosie, poësie en kulturele betekenis is. Hierdie werke is ideaal vir konserte, onderrig, kulturele geleenthede en persoonlike genot.
Deur S. le Roux Marais se kunsliedere elektronies te koop, ondersteun jy ook die voortbestaan van Afrikaanse kuns en help jy om ’n waardevolle musikale nalatenskap lewendig te hou. Elke aankoop dra by tot die bewaring van ’n unieke deel van ons kultuur.
Maak dus vandag nog die keuse om hierdie pragtige kunsliedere te verkry en deel te word van die voortsetting van ’n trotse Afrikaanse musiektradisie.
Lewenskets van S le Roux Marais
Hierdie begaafde en uitmuntende liederekomponis is op 1 Februarie 1896 te Aasvogelkop in die distrik Bloemfontein gebore. Hy was een van vyf kinders waarvan twee kort na hulle geboorte oorlede is. Dit het hom gelaat as tweede oudste kind.
Sy moeder, Brechje, is in 1898 op Brandfort oorlede. In 1899 breek die Angloe Boere-oorlog uit en die gesin verhuis na Boland waar hulle, hul in die Paarl-distrik vestig. Sy vader, Jacobus Francois Marais, het ‘n onderwyspos aan die Dal Josafatse laerskool aanvaar. Hier het S le Roux Marais op die ouderdom van 8 jaar met sy eerste musieklesse onder ‘n mej. Malherbe begin. Toe Fanie (soos S le Roux Marais bekend gestaan het) tien jaar oud was, besluit sy vader om die onderwys vaarwel te roep en verhuis die gesin na Stellenbosch waar Jakobus F Marais homseld as predikant bekwaam.
Marais voltooi sy studies aan die hoërskool op Wepener waar sy vader predikant was. Tydens sy skooljare op Wepener neem hy musieklesse by mej. Anna Nowers en orrellesse onder die plaaslike orrelis, mnr Malan. As jong man vertrek S le Roux Marais na Bloemfontein waar hy tussen 1914-1916 aan die Onderwyskollege studeer. Hy ontvang onderrig in klavier en oreel onder prof. PK de Villiers. Marais het in 1921 verder onderrig aan die South Africa College of Music in Kaapstad ontvang. In September 1923 vertrek Marais na London vir verder onderrig aan die Royal College of Music.
Tydens die jare 1924-1929 vestig hy hom eers in Bloemfontein en daarna in Brandfort. Van Marais se eerste liedere is op Brandfort gekomponeer. Hy verhuis in 1930 na Ermelo waar hy tussen 1930 tot 1946 woonagtig was. Dit was sy gelukkigste jare en meeste van sy werke was gelewer op Ermelo.
In die 1942 vertrek hy na Graaff-Reinet. Dit is dan ook op Graaff-Reinet waar hy sy toekomstige vrou Edith Johanna Rex ontmoet het. Uit die huwelik is geen kinders gebore nie. Die egpaar het hulle in Benoni in 1947-1955 gevestig, maar is terug na Graaff-Reinet in 1956. Na lang gelukkige jare in Graaff-Reinet, sterf S le Roux Marais op die ouderdom van 88 jaar op 15 Mei 1979 na ‘n siekbed, in die Middellandse Hospitaal op die dorp.
S le Roux Marais se ouvre hang nou saam met die ontwikkeling van die Afrikaanse taal. Die ryk korpus van sy liedere op gedigte van verskeie van die belangrikste Afrikaanse digters van sy tyd, was die eerste sterk poging om die Afrikaanse taal te vestig. Heelwat van sy toonsettings het kort na die ontstaan van die betrokke gedigte die lig gesien. Op die manier het hy belangrike bydras tot die Afrikaanse liedereskat en die Afrikaanse kulturr in die algemeen gelewer.
Die Akademie vir Wetenska pen Kuns het in Oktober 1946 ‘n erepenning vir Musiek aan hom toegeken as blyk van waardeing vir die werk wat hy ter bevordering van die Afrikaanse musiekkuns gedoen het.
S le Roux Marais se nalatenskap wat die Kunslied betref, is enorm. Hy het tewens ook meer as enige ander komponis bygedra om Afrikaans te vestig in die kunsmusiek-kultuur. Hy het ook ‘n geweldige bydrae gelewr tot die geestelike liedere genre. Met reg word daar na Marais verwys as ons eie ‘Schubert’.

















