Gedigtekompetisie Inskrywingsvorm

 

REËLS VIR 2023 GHA-DIGKOMPETISIE

  1. Doel van die kompetisie:
    • Die doel is om Afrikaanse digkuns onder alle ouderdomsgroepe aan te moedig.
    • Hoofbestuur mag in enige stadium ook ‘n skryfwerkswinkel aanbied vir digters en skrywers.
  2. Beperking van wenners van afdelings:
    • Dat die gedigte wat Afdelings wen aan ‘n minimum standaard moet voldoen om as wenner aangewys te word. Die standaard vir ‘n wengedig sal ‘n toekenning van ten minste 85% wees.
  1. Inskrywingsreȅls:

              3.1. Inskrywingsvorms : Is elektronies op die GHA se webwerf en per e-pos vanaf die GHA se Kantoor beskikbaar.

             3.2. Aanvaarding van reȅls: Die reȅls sal op die webwerf en by die Kantoor van die GHA beskikbaar wees. Geen inskrywing sal aanvaar word indien die digter                      nie die gedeelte onderteken het dat hy/sy die reȅls gelees, verstaan en aanvaar het nie.

             3.3. Inskrywingsgeld:  Geen inskrywing sal aanvaar word indien die inskrywingsgeld nie ten volle voor of op die sluitingsdatum inbetaal is nie.

             3.4. Formaat van gedigte:

               3.4.1. Geen PDF dokumente nie. Slegs MSWord  (Doc/Docx) dokumente sal aanvaar word.

               3.4.2.Letterstyl:  Arial, 12 punt.

               3.4.3.Lynspasie: 1.5.

               3.4.4.Lengte: Maksimum 30 reȅls.

               3.4.5.Gedigte wat nie aan al vier formaatsvereistes voldoen nie, sal gediskwalifiseer word.

               3.4.6. Die Administratiewe Beampte sal toesien dat gedigte aan hierdie formaatvoorskrifte voldoen.

  1. Reȅls oor gedigte:

               4.1. Oorspronklikheid: Slegs oorspronklike gedigte van die deelnemer mag ingeskryf word.

               4.2.  Reeds gepubliseerde gedigte: Gedigte wat as gevolg van deelname aan ander kompetisies in bundels gepubliseer is of pryse in sulke kompetisies                                     gewen het is nie vir hierdie kompetisie aanvaarbaar nie.

                4.3. Gelyktydige deelname: Gedigte wat gelyktydig ook vir deelname aan ander digkompetisies ingeskryf is, is nie aanvaarbaar nie.

                4.4. Taalgebruik: Gedigte moet in algemeen beskaafde Afrikaans of Standaardafrikaans geskryf wees. Gedigte met lasterlike- of onwelvoeglike taalgebruik
                       of wat persoonlikhede aftakel sal nie  aanvaar word nie.

               4.5. Plasing in Afdelings: Die digter besluit self in watter afdelings sy/haar gedigte ingeskryf word. ‘n Gedig mag slegs in een afdeling ingeskryf word, al is                               daar elemente in die gedig wat met ander afdelings oorvleuel.

               4.6. Maksimum aantal inskrywings:   ‘n Maksimum van 15 gedigte word toegelaat.

               4.7. Publikasie in eie digbundels: Digters mag nie van die gedigte wat in die kompetisie ingeskryf is publiseer voordat die  GHA se digbundel vrygestel is nie.

               4.8. Persone wat nie mag deelneem nie: Geen borg, be-oordelaar, GHA –bestuurslid of werknemer van die GHA mag aan die kompetisie  deelneem nie.

               4.9.Vrywaring:  Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die GHA van enige eise of  ongeopenbaarde aansprake van enige aard                       wat mag ontstaan uit deelname aan hierdie  kompetisie.

               4.10. GHA se regte vir Publisering van gedigte:

                      Die beste gedigte wat aan die be-oordelaars se standaarde voldoen en binne die reȅls van die kompetisie goedgekeur word, sal in die bloemlesing,                                   Stemme in die Suiderland ,  gepubliseer word. Om hierdie rede gee deelnemers koppiereg aan die GHA ten opsigte van die gebruik van enige gedigte                               wat vir hierdie kompetisie ingeskryf is, en vir die gebruik in die toekomstige publikasies.

  1. Beoordeling:

                    5.1.   Die Bestuur van die GHA wys jaarliks ‘n onewe getal be-oordelaars aan.

                    5.2. Afdelings moet verkieslik nie tussen be-oordelaars verdeel word nie.

                    5.3. Die be-oordelaars kan, na konsultasie met die Bestuur van die GHA, die aantal gedigte wat gepubliseer sal word beperk.

                    5.4. Die be-oordelaars se beslissing is finaal en geen briefwisseling sal gevoer word nie.

                    5.5. Uit die gedigte wat gepubliseer gaan word, word die genomineerdes en wenners en aangewys.

                    5.6. Die Administrateur  van die kompetisie in samewerking met die be-oordelaars sal die name     6      van die boekpryswenners saamstel.

                    5.7. Die Administrateur van die kompetisie moet verkieslik nie as be-oordelaar optree nie.

                    5.8. Die be-oordelaars  en lede van die Hoofbestuur mag in geen stadium, voordat die be-oordelingsproses finaal afgehandel is,  toegang hȇ tot die name                         van of ander inligting oor die digters nie.

                    5.9. Die be-oordelaars se name mag ook nie bekend gemaak word voordat die be-oordelingsproses finaal afgehandel is nie.

                     5.10. Die be-oordelaars se name mag ook nie sonder hulle toestemming bekend gemaak word nie.

                     5.11.  Die Hoofbestuur van die GHA  keur die Be-oordelingsproses goed waarvolgens die gedigte beoordeel sal word.

  1. 6. Ander vereistes:

                      6.1. Foto van digter:

                      6.2. Duidelike kop en skouers foto. ‘n Goed beligte selfoonfoto is aanvaarbaar.

                      6.3. Geen skanderings of fotokopieȅ nie.

  1. Inskrywingsgeld: 

                      7.1. Word jaarliks deur die Bestuur van die GHA vasgestel.

                      7.2. Vir 2023 is dit R40 per gedig.

                      7.3. Slegs EFT betalings. Geen kontant-inbetalings sal by die GHA kantoor aanvaar

                              word nie.

                       7.4. Bankbesonderhede:   GHA, ABSA Bank, Takkode: 632005,

                                Rekening nommer:  730140223.

                       7.5. Verwysing: Van en voorletters van deelnemer.

                       7.6. Bewys van betaling:  Stuur aan gha@afrikaans.org.za voor of op sluitingsdatum. 

                       7.7.Suitingsdatum:   30 Junie 2023 om middernag.  

  1. Prysgeld:
    • Algehele wenner: R3000 plus ‘n Trofee
    • Naaswenner: R2000 plus ‘n Trofee
    • Afdelingswenners: R1000 plus ‘n Trofee
    • Prysgeld mag van jaar tot jaar gewysig word.
    • Die toekenning van sertifikate: Sertifikate se formaat sal deur die Hoofbetuur bepaal word.
  2. Aanvaarding van die reȅls en prosedures:                  
    9.1. Elke digter wat vir die kompetisie wil inskryf moet die volgende verklaring bevestig:

       Hiermee bevestig ek dat ek die reȅls en prosedures van die GHA se digkompetisie deurgelees het, verstaan en aanvaar.

 9.2.Digters wat via ons webwerf inskryf moet dieselfde verklaring aanvaar deur  dit elektronies te aanvaar.

 9.3. Die Administratiewe Be-ampte moet die inskrywing van digters wat nie die verklaring onderteken en/of skriftelik aanvaar nie, nie aanvaar nie. 

  1. Wenke:

10.1.Digters word aangemoedig om hulle gedigte deur ervare digters te laat proeflees.

Kyk asseblief na spelling, afkortings en taalreȅls want dit bȅinvloed die beoordelaars se indrukke oor die potensiaal van die gedig.

 10.2.Digterlike Vryheid is aan die orde van die dag. Moet nie gebind voel tot die letterlike betekenis van die tema nie.

 10.3.‘n Kreatiewe benadering tot die onderwerp en oorspronklike titels kan net in jou guns tel.

 10.4.Skakel in op die GHA se fb blad en bly op hoogte van ons vordering met die gedigte en deel ons liefde vir ons liefling-taal, AFRIKAANS.

 10.5.Indien jy duidelikheid oor enige faset van die kompetisie wil hȇ moet jy vir Claudine by die GHA kantoor voor sluitingsdatum van die kompetisie kontak

  1. Kommunikasie:

11.1. GHA se  kontakbesonderhede:

      11.1.1.  Webwerf:                   ……………………………

      11.1.2.  E-pos adres:                 …………………………..

      11.1.3.  Fb blad:                         ……………………………

      11.1.4.  Telefoonnommer:      ………………………….

11.2. Kommunikasie met digters:

      11.2.1. Erkennings van ontvangs van inskrywings sal per e-pos gedoen word.

      11.2.2.Digters sal deur die GHA fb blad op hoogte gehou word met die vordering.

      11.2.3. Wanneer briewe na digters, wie se gedigte in die bundel gebubliseer gaan word, uitgestuur word sal ‘n fb boodskap ook geplaas word dat die briewe                   uitgestuur is.

      11.2.4. Wanneer al die briewe aan digters uitgestuur is sal hulle name ook op ons webblad geplaas word.

      11.2.5. Briewe sal ook aan digters uitgestuur word van wie daar nie gedigte in die bundel opgeneem sal word nie.

  1. Temas vir 2023 se kompetisie:
    • Afdeling A: Skool/Onderwys/Opvoeding.
    • Afdeling B: Plaaslewe
    • Afdeling C: Geestelike
    • Afdeling D: Liefde
    • Afdeling E: Natuur / Wetenskap
    • Afdeling F: Mymeringe
    • Afdeling G: Terapeuties.
    • Afdeling H: Verset teen onreg.
    • Afdeling I: Taal en Kultuur
    • Afdeling J: Arbeid Adel
    • Afdeling K: Algemeen

 

Besonderhede

 

Gedig 1

 

Gedig 2

 

Gedig 3

 

Gedig 4

 

Gedig 5

 

Gedig 6

 

Gedig 7

 

Gedig 8

 

Gedig 9

 

Gedig 10

 

Gedig 11

 

Gedig 12

 

Gedig 13

 

Gedig 14

 

Gedig 15

 

Administrasie

 

Verifikasie

[/cs_text][/cs_column][/cs_row][/cs_section][/cs_content]