GHA Gedigtekompetsie 2021

Aantal digters deelname

Aantal Gedigte Ontvang

Algehele Wenner

Stemme uit die Suiderland XV | Algehele Wenner
Elizabeth Greef van Potgietersrus wen die NP van Wyk Louw-prys met haar gedigte:
– Kennelik naby jou,
– Huis van musiek,
– As ek net namens jou en
– Ontvlugting na jou …

Naaswenner

Stemme uit die Suiderland XV | Naaswenner
Vollie Volschenk van Thabazimbi wen die TT Cloete-prys met sy gedigte:
– Sê die wyse man
– Sketse

Stemme uit die Suiderland XV

Digters breek ons wêreld oop! 

Die wêreld het toegemaak. Ons word toe ingeperk. Iets wat ons nooit sou kon dink moontlik is nie. Eers sien ons dit in China en dit was ver. Bykans soos ’n onrealistiese stuk fiksie. Die virus versprei toe na Italië. Dit voel effens nader. Die wêreld raak meer histeries.

Die bevelsraad besluit wie is oop en wie is toe. Die regering sê selfs vir kerke hulle mag nie saam bid nie. Die nagmaaltafel is toe. Ons gee ons vryheid af, heeltemal te maklik.

 Daar is egter iets wat nie ingeperk kan word nie. Iets wat geen regering kan toemaak nie. Dit is ons woorde. Terwyl die land toe, ingeperk en onseker is, begin digters dig en maak die wêreld om ons oop. 

Soveel gedigte is iets soos ’n daad van protes. Ons laat ons nie inperk nie!

 

Stemme uit die Suiderland XIV

Vanjaar vier die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans S le Roux Marais se bydra to die Afrikaanse taal en musiek veertig jaar na sy afsterwe in 1979.

Marais het talle bekende Afrikaanse digters soos AG Visser, Eugene Marais, Elisabeth Eybers, ID du Plessis en NP van Wyk Louw om enkeles te noem se gedigte getoonset.

Die Akademie vir Wetenskap en Kuns het in Oktober 1946 ‘n erepenning vir Musiek aan hom toegeken as blyk van waardering vir sy werk ter bevordering van die Afrikaanse taal en musiek.

Heimwee, Die Roos, Malie die slaaf se lied, Oktobermaand en Met ‘n mandjie Rose tel onder sy bekendste kunsliedere.

 

Stemme uit die Suiderland XII

Sanet Alkema, soos almal haar geken het, word deur sommiges beskou as ‘n volksmoeder, wat nie net haar gesin versorg het nie, maar ook betrokke was by volksake soos politiek, kultuur en taalhandhawing.

Die Genootskap bring graag hulde met die uitgawe van Stemme uit die Suiderland aan hierdie merkwaardige maar altyd nederige en beminde vrou wat diep spore getrap het in die Afrikanerpolitiek en taalstryd.

Verder was sy lief om vriende en familie te onthaal en was sy altyd aan die voorpunt met die reël van funksies en belangrike geleenthede.

Indien u belangstel om ‘n Stemme uit die Suiderland te bestel kontak gerus
GHA-kantoor 0812 50 50 60 of gha@afrikaans.org.za

Afdeling Wenners