Dis moeilik om te glo dat Januarie op sy rug lรช!
Heelparty van julle was die afgelope vakansie see toe of Dullstroom toe of by die Vaaldam, Bloemhof- of Tzaneendam, met een doel voor oรซ: om lekker groot visse uit die water te trek. Jy moes die voorbereiding daarvoor deeglik doen, en … โHansie Slim, vis wil vang, daarvoor is hy nie bang. Visstok en hoed pas hom goed, hy is vol van moed!โ
Alhoewel die hengelaar rustig op โn rots kan staan of op sy kampstoel met โn biertjie in die hand kan kuier, kom die opwinding as die lyn en stok begin roer. Dan spring daardie vistermanne darem vir jou rond! Soms word met groot moeite โn knewel uitgetrek, en daarvan moet die nageslagte weet en talle fotoโs word geneem!
Kathy Seligman het โn doodgewone stelling gemaak: โJy kan nie vis vang, tensy jy jou lyn in die water sit nie.โ Sy kon tereg hierdie uitlating maak, want sy weet, as skrywer en joernalis vir die belangrikste Amerikaanse tydskrifte, wat harde werk is.
Dit bring ons by die GHA en die skryf van gedigte vir ons Digkompetisie van 2025. Julle het reeds die bekendstellingsbrief met temas en reรซls vir die kompetisie ontvang. Ons het sedertdien โn klompie navrae gekry oor die verskillende โanderโ of โnuweโ aspekte wat voorkom. Inderdaad is die GHA met โn vernuwingsproses oppad, om die standaard van die kompetisie te verhoog, maar ook om jou, as digter, se gedigte wat kwaliteit betref, hoรซr te stoot.
Die GHA poog glad nie om โdeftigโ voor te kom nie. Inteendeel, ons wil ons bestaande digters aanspoor om aan te hou skryf, maar ook om โvooruit te gaan.โ Ons poog ook om nuwe digters te werf, veral ook leerders, want daar is soveel potensiaal wat ongesiens verlore gaan. Dit alles kom daarop neer dat ons Kathy Seligman se advies moet volg: ons moet die visvangproses uitbuit, want jy kan nie jou doelwitte bereik as jy nie probeer nie.
Ek wil elke digter uitdaag om met erns te skryf, maar diรฉ keer met die woordeboek, Afrikaanse Spelreรซls en Afrikaanse tesourus langs jou. Ons het vanjaar ook โn paar ander temas. Met die eerste oogopslag lyk dit dalk ietwat duister of so effens onverstaanbaar of vreemd, maar dit is reg so. Die digter word dus aangespoor om sy/haar eerste poging(s) van die skryfproses wรฉรฉr te lees, en te dink, dan wรฉรฉr te herlees, en te herkou, en dan opnรบรบt te lees, en daaroor te peins โ lank peins, as dit nodig is.
โn Gedig vloei nie sommer vanself uit โn pen nie. Dit vra van die digter om te skryf, herskryf, timmer en hamer daaraan en soms heeltemal รณรณr te skryf. Dit is dus โn proses. Gaan dink โn slag na oor wat jy alles van poรซsie in die Afrikaanse en ook Engelse klasse op skool geleer het, al is dit al lank gelede. Kyk skerp na rympatrone, ritmehandhawing, beeld en toepassing, vergelykings en metafore, alliterasie en assonansie, woordspel, simboliese betekenisse en โn woordeskat wat by die inhoud pas.
Die GHA beoog om vanjaar โn kursus of werkswinkel aan te bied om juis tot die hulp vir ons digters te kan wees. Ons bou dus heeltyd aan die karakter van die gedig en op diรฉ manier word die digter geskool in die fyner tegnieke.
Ek doen โn beroep op elkeen om daardie vislyn doelbewus, berekend en oortuigend in die poรซsiewaters te gooi en om selfversekerd die kleurryke klanke van die poรซsiekatrol te laat sing; om terselfdertyd ook die lyn met betekenisvolle woorde styf te trek wat uiteindelik โn unieke poรซsievis te voorskyn kan bring. Jy gaan waarlik trots wees op jou spesiale grootse poging!
โn Paar wenke:
1. Heelwat digters maak van die vrye versdigvorm gebruik. Waak hier teen โn prosastyl wat net in lyne, of sogenaamde versreรซls, opgebreek word. Al is daar geen direkte rymwoorde nie, kan rym wel sporadies of subtiel ingevoeg word. By hierdie digvorm speel ander digterlike gebruike โn groot rol, soos beeldspraak, retoriese vrae en โn slim woordeskat.
2. Maak seker dat die gedig โn hoogtepunt het. Die inhoud moet โn finaliteit bereik. Die leser moet voel dat dit die moeite werd was om die gedig te lees โ dit beteken iets vir hom/haar.
3. Bedink โn kort en kreatiewe titel, wat nie alles weggee waaroor die gedig handel nie, maar darem genoeg sรช om die leser lus te maak om dit te lees.
4. Wees versigtig vir te lang versreรซls. Dit kom lomp voor. Die aantal karakters per versreรซl mag nie meer as 50 wees nie. Tel dus die aantal letters, aantal leestekens en aantal spasies.
5. Sorg dat die taalgebruik presies in die milieu en/of konteks pas. Dink hard oor verrassende woorde en begrippe, dikwels die onverwagte vergelyking. Speel byvoorbeeld met spreekwoorde, skep nuwe woorde of gebruik bekende neologismes.
6. Gee baie aandag aan taalgebruik en spelling. Kontroleer dit in โn woordeboek of maak gebruik van โn speltoetser. Onthou: goeie taal en spelling maak โn goeie indruk โ dit wys dat die digter moeite gedoen het om โn goeie produk daar te stel.
Let op die los- en vasskryf van woorde, naamlik as die woorde weerspieรซl dat dit een
begrip is, dan is dit een woord soos โwaterโ en โbottelโ is โwaterbottel.โ
7. Laat jou gedig/te deur โn kenner proeflees. Onthou die persoon mag slegs taal- en spellingfoute verbeter en nie die inhoud as sodanig verander nie.
Wees die โHansie Slimโ om jou nuwe en kreatiewe 2025-gedigte uit die vars viswaters te trek.