VERHOOG- EN RADIODRAMASKRYFKOMPETISIE

GROOT VERHOOG- EN RADIODRAMASKRYFKOMPETISIE AANGEBIED
DEUR DIE GHA, BCVO EN PRETORIA FM

Alles wat vandag verkeerd loop in Suid-Afrika is Jan se skuld. As hy nie in 1652 hierheen gekom het nie, dan sou ons nie slaggate in die paaie of beurtkrag gehad het nie …

Maar is dit so?

Volgende jaar vier ons Jan en Maria van Riebeeck se koms, 370 jaar gelede, na die Suidpunt van Afrika.

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA), BCVO en Pretoria FM bied aan skrywers die geleentheid om deel te neem aan ons groot dramaskryfkompetisie.

Daar is twee afdelings, naamlik:
1. Radiodrama wat op Woensdag 6 April 2022 uitgesaai gaan word en
2. Verhoogdrama wat opgevoer gaan word by die Voortrekkermonument vanaf 19 tot 24 September 2022.

Daar is R20 000 se pryse op die spel.

Tema 2022:

  1. Jan en Maria van Riebeeck

Die sluitingsdatum is: 28 Februarie 2022

 

Prysgeld:  Totale prysgeld R20 000.

 

Skrywers en aspirant skrywers word uitgenooi om deel te neem.  

Verdere besonderhede kan gekry word by die GHA-kantoor 0812 50 50  60 of gha@afrikaans.org.za.

 

Stuur elektronies aan.