

|
Tuis │ Grondwet │ Kontak ons │ GHA Bestuur │ Ontstaan │ Jaarverslag │ GHA Streke │ Akroniem │ Kalender │ Webmeester |

|
Tuis |
|
Grondwet |
|
Kontak ons |
|
GHA Bestuur |
|
Ontstaan |
|
Jaarverslag |
|
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans |


|
GHA |
|
GHA Streke |
|
Akroniem |
|
Kalender |

|
Foto Gallery |

|
GHA Mediaverklarings |

|
GHA Mediaverklarings |
|
In Sake 24 p 6 (Beeld Maandag 11 April 2011) word ‘n waarheid wat die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) die afgelope 17 jaar sedert ons stigting voortdurend beklemtoon, weereens onderstreep nl dat die Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika die grootste enkele sektor van die koopkrag van die Suid-Afrikaanse bevolking uitmaak.
In die rubriek Reklamesiening van Wilma de Bruin skryf sy wat mnr John Farquhar op sy 83 ste verjaarsdag op sy webwerf gesê het oor die beduidende koopkrag van die Afrikaanssprekendes. Daaruit kom die volgende feite na vore: dat “die gemiddelde inkomste per Afrikaanse individu 60% meer (is) as die gemiddelde inkomste per Suid-Afrikaanse individu..”. Met hierdie groter inkomste loop die Afrikaanssprekendes dan voor wat betref die koop van aftree-annuïteite, begrafnispolisse, medieseskema lidmaatskap en ander versekering. Hulle gebruik ook gereeld kitsbanke en telefoon-en internetbankdienste.
Ook wat betref voertuigfinansiering, huisverbande, tjekrekenings en kredietkaarte verteenwoordig Afrikaanssprekendes ‘n groot deel. So gaan Farquhar aan om aan te toon dat Afrikaanssprekendes op talle ander terreine van die ekonomie hulle kant bring deur hulle deelname en gebruik. |
|
11 April 2011 16:03 |
|
Dr Müller Pretorius |
|
Die matriekslaagsyfer van 2010 is bekook.
In aanloop tot die landwye stadsraadsverkiesing vanjaar, is dit vir die ANC-regering van uiterste belang om ‘n sy beeld te poets en is dit hoogs waarskynlik dat die matriekslaagsyfer bekook is.
Met ‘n styging van 7 persentasiepunte in die matriekslaagsyfer maak die ANC baie mense gelukkig. Veral die 2010 matrieks en hulle ouers en natuurlik die swart onderwyser vakbond Sadou met sy meer as 200 000 lede. Na verlede jaar se uitval tussen die ANC-regering en Sadou oor ‘n salaris geskil, sal dit daarom baie onwys wees om die geskil verder te dryf met ‘n swak matriekslaagsyfer.
Sadou is ‘n lid van die vakverbond Cosatu wat op sy beurt ‘n alliansie vennoot van die ANC is. Dié vakverbond is letterlik die ANC se organisasie op voetsoolvlak. Sonder die steun van Cosatu (en Sadou) in die stadsraadsverkiesing vanjaar, is die ANC se hande en voete afgekap. |
|
12 Januarie 2011 10:32 |
|
Andre Alkema |
|
Die Potchefstroomse studente bied vanjaar die Cantus by Majuba aan. Dit vind plaas om 19h30 op Saterdag 25 Februarie in die HS van Blerksaal, Majubafeesterrein net buite Volksrust.
Mnr Kobus Kruger is die Praeses (voorsitter) en nooi alle belangstellendes (studente, oudstudente en nie-studente ouer as 18 jaar) om te kom deelneem aan hierdie jolige geleentheid wat jaarliks by Majuba plaasvind.
’n Cantus (die latynse woord vir sang – afgelei van die woord cantare) is tradisioneel ’n gewilde kultuur bedrywigheid van Afrikanerstudente asook studente uit ons stamlande soos België, Nederland en Frankryk.
Oorspronklik is die Cantus afkomstig van Duitse-studente en bestaan hoofsaaklik uit die sing van liedjies en die drink van bier en word beheer deur streng tradisionele reëls. |
|
10 Februarie 2012 09:37 |
|
Andre Alkema |
|
Tydens die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se Glansaand waar eregaste soos dr Dirk Hermann (Solidariteit), dr. Danie Brink (FAK), dr. Dan Roodt (PRAAG), mnr. Andries Breytenbach (HNP), mnr. Danie Varkevisser (AVP) en mnr. Theuns de Wet (AKB) teenwoordig was, is Nilla Vosloo van Pretoria aangewys as die algehele wenner van die GHA se jaarlikse gedigte kompetisie.
Haar gedigte: Kersfeeskruis en bipolêre rym het aan Nilla die kroon besorg.
Frik Steenberg van Nylstroom is aangewys as die naaswenner met sy gedigte: Kameeldoring en Afspraak op Horeb.
Mnr. André Alkema, voorsitter van die GHA het gesê dat die beoordelaars beindruk was met die gehalte van die gedigte wat vanjaar ingeskryf is. Die digbundel Stemme uit die Suiderland VI wat ’n keur van dié gedigte bevat, beslaan byna 300 bladsye, 130 meer as verlede jaar s’n. Verder is daar 'n nuwe toevoeging in die bundel nl. Versetgedigte. Vanjaar se bundel is opgedra aan wyle mnr. Jaap Marais, voorvegter vir Afrikanerbelange en Afrikaans. Mnr. Marais was 'n stigterslid van die GHA en groot weldoener. |
|
06 November 2011 16:03 |
|
Andre Alkema |