

|
Tuis │ Grondwet │ Kontak ons │ GHA Bestuur │ Ontstaan │ Jaarverslag │ GHA Streke │ Akroniem │ Kalender │ Webmeester |

|
Tuis |
|
Grondwet |
|
Kontak ons |
|
GHA Bestuur |
|
Ontstaan |
|
Jaarverslag |
|
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans |


|
GHA |
|
GHA Streke |
|
Akroniem |
|
Kalender |

|
Foto Gallery |

|
GHA Mediaverklarings |

|
GHA Taalaktivis |
|
WAT IS ‘N TAALAKTIVIS?
‘n Taalaktivis is iemand wat mense aktiveer of aanwakker om ‘n bepaalde taal te gebruik, wat mense attent maak op die stand van hul taal in die algemeen as ook hul regte, wat sy taal aktief bevorder, wat ‘n liefde vir die taal voortdurend ook by ander aanwakker, wat optree as ‘n waghond en wat die regte van Afrikaans as amptelike landstaal bevorder deur aksies en propaganda, wat hom aktief en onverskrokke beywer en stry vir die handhawing, uitbouing en bevordering van die taal en ander begeester om die stryd saam met hom te voer.
KRITERIA VAN BEOORDELING (12 punte)
· Taal suiwerheid en die skep van nuwe woorde – behou Dietse vorm.
· Bepaalde terrein of terreine van die taalstryd hetsy in die sakewêreld, politiek, godsdiens, kultureel, staatsdiens of onderwys.
· Strategiesbelangrike terrein – daar waar die grootste krisis is.
· Impuls en Tempo. Is daar ‘n plan? Gereeldheid. Opvolg. Spoed.
· Begeester ander deur ‘n eie webblad of blog, briewe aan die media, kompetisies (liedjies, gedigte, prosa, drama), kultuuraktiwiteite (sang, debat, toneel, opvoerings), en beurse (kry van borge, geld skenk, fondsinsamelings)
· Intensiteit van aktivisme: Afrikaans Asseblief plakkertjie, klagte, bel, brief (pos, faks, e-pos), griefskrif, petisie, demonstrasie, protesoptog, en litigeer.
· Meelewing: Tot watter mate kry die aktivis dit reg om ander betrokke te kry. Kan hy ander opsweep?
· Reaksie van die gebruikers van Afrikaans in die breë. Sigbaarheid. Raak hulle begeester?
· Uitkoms van aksie: Het miskenner van Afrikaans sy fout erken? Het hy ‘n poging aangewend om die onreg ongedaan te maak? Hoe het dit ander beinvloed? Was daar publisiteit verkry?
· Toekomsvisie: Volhoubaarheid van aksie. Kontak met stamlande? Raak mense selfstandig? Kom daar organisasie tot stand?
· Styl van aktivis: Onverskrokke dog beleefd. Praat eers Afrikaans.
· Algemeen: Openbare spreker, taal ambassadeur, woordeboeke, en taalartikels |