

|
Tuis │ Grondwet │ Kontak ons │ GHA Bestuur │ Ontstaan │ Jaarverslag │ GHA Streke │ Akroniem │ Kalender │ Webmeester |

|
Tuis |
|
Grondwet |
|
Kontak ons |
|
GHA Bestuur |
|
Ontstaan |
|
Jaarverslag |
|
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans |


|
GHA |
|
GHA Streke |
|
Akroniem |
|
Kalender |

|
Foto Gallery |

|
GHA Mediaverklarings |

|
Grondwet |
|
01 Naam Die volle naam van die Genootskap is die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans, verderaan in die Grondwet genoem die GHA.
02 Grondslag Die grondslag van die GHA is die geloof in God Drie-enig en die Woord van God word in alle beraadslagings en optrede van die GHA erken en eerbiedig . 03 Doelstellings (i) Die GHA is ‘n Afrikanerkultuurliggaam wat die algemene beskaafde standaard weergawe van die Afrikaanse taal op alle gebiede en onder alle omstandighede nougeset en prakties handhaaf, tot sy volkome reg laat kom en hoofsaaklik in sy Dietse vorm uit te bou.
(ii) Om gegronde geskiedkundige en praktiese redes beywer die GHA hom vir: a) die skep van positiewe omstandighede en geleenthede deur ons Wes-Europese Afrikaner nageslagte ‘n behoorlike grondslag kan hê waarop sowel hulle as die Afrikaanse taal, se toekoms kan bou; b) die skep van nuwe en byhou en/of vernuwing van bestaande taalreëls ten einde te verseker dat alle taalreëls vanuit Afrikaans self geformuleer word met dien min moontlike beïnvloeding deur ander tale;
c) die handhawing van ‘n hoë standaard van die Afrikaanse taal deur nuwe woorde voor te stel of woordskeppinge deur ander instansies (bv. Tegnologie handel en nywerheid, ekonomie, medies, ens.) na te sien en/of wysigings/alternatiewe voor te stel;
d) die advisering van instansies en organisasie betreffende die korrekte gebruik van Afrikaans en die korrekte vertaalde weergawe van Afrikaans, sou sodanige instellings vertaalwerk in Afrikaans doen of benodig; die posisie van die taalwaghond van die Afrikaanse taal ten einde op positiewe en opbouende wyse persone, instansies (bv. Radiostasies en televisie) sake-ondernemings, buro’s, administrasies, departemente (bv onderwys), ens., te vermaan wanneer die Afrikaanse taal nie in korrekte vorm in druk verskyn, gebruik of uitgesaai word nie en hulle van die korrekte weergawe daarvan te voorsien.
04 Status Die GHA is ‘n regspersoon wat in eie naam ‘n bank- en ander rekeninge by geld-instellings kan open, kontrakte kan aangaan, vaste- en roerende bates kan verkry, vervreem of andersins na goeddunke daarmee kan handel tot voordeel van die GHA en die behoud en bevordering van sy doelstellings ooreenkomstig die bepalings van hierdie Grondwet.
05 Leuse Die leuse van die GHA is Handhaaf.
06 Kenteken Die GHA het ‘n onderskeidende kenteken en die kenteken is soos hieronder afgedruk.
|