

|
Tuis │ Grondwet │ Kontak ons │ GHA Bestuur │ Ontstaan │ Jaarverslag │ GHA Streke │ Akroniem │ Kalender │ Webmeester |

|
Tuis |
|
Grondwet |
|
Kontak ons |
|
GHA Bestuur |
|
Ontstaan |
|
Jaarverslag |
|
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans |


|
GHA |
|
GHA Streke |
|
Akroniem |
|
Kalender |

|
Foto Gallery |

|
GHA Mediaverklarings |

|
GHA Gedigtekompetisie |
GHA Gedigtekompetisie 2011 Ope-afdelingReëls:
1. Hierdie inskrywingsvorm moet volledig voltooi word en tesame met u gedig/te, die GHA voor of die sluitingsdatum van die kompetisie, naamlik 30 Junie 2011, bereik. 2. ‘n Kort lewensskets waarin u meld waar u gebore en skoolgegaan het en wat u belangstellings is asook ‘n onlangse swart-en-wit foto van uself moet u inskrywing vergesel. 3. Slegs GETIKTE inskrywings per “slakke pos” ontvang, sal aanvaar word. Font: Arial 11 of 12 4. Enige styl is aanvaarbaar, maar stylvorms soos die sonnet, kwatryn, koeplet, ens. dui op die digter se vaardigheid en sal bonuspunte verdien. Gedigte moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees. Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie aanvaar word vir beoordeling nie. 5. Vier (4) kopieë per gedig moet die inskrywingsvorm vergesel. U naam en van mag geensins op die kopieë aangebring word nie. 6. Inskrywingsgeld: R20 vir die eerste gedig, en R10 elk vir tweede, derde en verdere gedigte. Slegs tien gedigte per digter word toegelaat. 7. Die GHA-hoofhantoor administreer die kompetisie. Inskrywingsgeld moet in die bankrekening (besonderhede hieronder) inbetaal word. Die inbetaalstrokie moet tesame met u inskrywingsvorm en gedigte aan die onderstaande adres gepos word. 8. Die volgende kontantpryse kan gewen word: Algehele Wenner R3000, Naaswenner R2000, 5 x Kategoriewenners R1000 elk. 9. Beoordeling sal finaal wees en geen briefwisseling sal daarna gevoer word nie. 10. Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, sal in die Bloemlesing, Stemme uit die Suiderland, gepubliseer word. Om hierdie rede gee deelnemers kopiereg aan die GHA ten opsigte van die gebruik van enige gedigte wat vir hierdie kompetisie ingeskryf is en vir die gebruik in toekomstige publikasies. 11. Die bekendstelling van die bloemlesing, die bekendmaking van die wenners en die oorhandiging van die pryse sal tydens ‘n Glansgeleentheid te Pretoria op 5 November 2011 geskied. 12. Slegs oorspronklike gedigte van deelnemers mag ingeskryf word. 13. Geen gedigte waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander behou word, mag sonder skriftelike toestemming van sodanige party ingeskryf word nie. 14. Deelnemers aan hierdie kompetisie vrywaar die GHA van enige eise, ongeopenbaarde aansprake of regsaangeleenthede van enige aard wat mag ontstaan uit deelname aan hierdie kompetisie. GHA Gedigtekompetisie 2011 vir Hoër- en LaerskoolleerlingeReëls:
1. Hierdie inskrywingsvorm moet volledig voltooi word en tesame met jou gedig/te, die GHA voor of die sluitingsdatum van die kompetisie, naamlik 30 Junie 2011, bereik. 2. ‘n Kort lewensskets waarin jy sê waar jy gebore is, waar jy skoolgaan, wat jou belangstellings is en wat jy eendag wil word, asook ‘n onlangse swart-en-wit foto van jouself moet jou inskrywing vergesel. 3. Slegs GETIKTE inskrywings per “slakke pos” ontvang, sal aanvaar word. 4. Enige styl is aanvaarbaar, maar stylvorms soos die sonnet, kwatryn, koeplet, ens. dui op die digter se vaardigheid en sal bonuspunte ontvang. Gedigte moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees. Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie aanvaar word vir beoordeling nie. 5. Vier (4) kopieë per gedig moet die inskrywingsvorm vergesel. Jou naam en van mag geensins op die kopieë aangebring word nie. 6. Inskrywingsgeld: R20 vir die eerste gedig, en R10 elk vir tweede en derde gedig. Slegs drie gedigte per digter word toegelaat. 7. Die GHA-hoofhantoor administreer die kompetisie. Inskrywingsgeld moet in die bankrekening (besonderhede hieronder) inbetaal word. Die inbetaalstrokie moet tesame met u inskrywingsvorm en gedigte aan die onderstaande adres gepos word. 8. Die volgende kontantpryse kan gewen word: Hoërskoolleerlinge: Algehele Wenner R1500, Naaswenner R1000, 5 x Aansporingspryse van R300 elk. Laerskoolleerlinge: Algehele Wenner R1000, Naaswenner R500, 5 x Aansporingspryse van R100 elk). 9. Beoordeling sal finaal wees en geen briefwisseling sal daarna gevoer word nie. 10. Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, sal in die Bloemlesing, Stemme uit die Suiderland, gepubliseer word. Om hierdie rede gee deelnemers kopiereg aan die GHA ten opsigte van die gebruik van enige gedigte wat vir hierdie kompetisie ingeskryf is en vir die gebruik in toekomstige publikasies. 11. Die bekendstelling van die bloemlesing, die bekendmaking van die wenners en die oorhandiging van die pryse sal tydens ‘n Glansgeleentheid te Pretoria op 5 November 2011 geskied. 12. Slegs oorspronklike gedigte van deelnemers mag ingeskryf word. 13. Geen gedigte waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander behou word, mag sonder skriftelike toestemming van sodanige party ingeskryf word nie. 14. Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die GHA van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit deelname aan hierdie kompetisie. |