2023 GHA digkompetisie

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA), vier vanjaar Internasionale Moedertaaldag met oorgawe en dankbaarheid! Neem gerus deel aan ons digkompetisie.

Word 'n vriend van die GHA.

Sluit nou aan en word ‘n vriend van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans.
SMS “Vriend & Jou Naam” na 082 570 0184.

Tolbos

Amptelike mondstuk van die GHA.

Ons is Handhawers!

Sluit nou aan en word ‘n vriend van die Handhawers.
SMS “Vriend & Jou Naam” na 076 385 3187.

GOD SE LIEFDE VIR POËSIE

Poësie en Godheid is groothede wat saam  na vore kom in die Bybel. Daar is egter geen verwysing in die Bybel na God se liefde vir poësie nie hoewel dit veronderstel kan word. Dat daar 150 ea psalms geskryf is, is bewys dat die skrywers aanvaar het dat die gedigte vir God welgevallig sou wees. Selfs die vloek psalms. Dit kan dus met sekerheid aanvaar dat die poësie wel God behaag het. Soos die Lied van Moses  na die uittog. Die Psalms en  die Loflied van Maria en Sagaria,en oa 1 Joh 2:12-14 en Openb. 15:3   Met die geboorte van Christus kom ʼn Engel koor uit die Hemel uit na die herders.

 Al die poësie in die Bybel is nie net lof en prys liedere nie, maar almal gaan oor eerbied vir God.  ʼn Derde van die Bybel is in dig vorm geskryf. Die Wysheidsboeke van die Ou Testament, Job tot Hooglied en  Klaagliedere en die Klein Profete is ook in  poëtiese styl geskryf.  

Die meeste van die  poësie is vir sang geskryf. Die honderd en vyftig Psalm, wat oor vele jare en vele omstandighede tot stand gekom het onder Israel.  Met almal die een hoofgedagte, gerig aan God.  Erkenning van God en verheerliking van God.

Die eerste lied wat tot die Here gesing is  vind ons in Eks 15 Moses en die volk sing oor die oorwinning van die Egiptenare. En nêrens staan daar dat die Here die lied of enige ander sang en gebed af gewys het nie.  Op vele plekke vind ons “Sing tot eer van die Here”  In Ps 119 108 “ Laat  die vrywillige offers van sy mond U behaag” In Kol 3 “ Sing tot eer van die Here ʼn nuwe lied.” . In Openbaring lees ons van die kore van Engele wat in die Hemel sing. Daar moet dus by God ʼn aanvaarding van die lied wees.

.In hierdie  opmerkings oor Poësie en God  sal ons konsentreer op die Psalms Bundel as die mees bekende digvorm in die Bybel

In die Psalms is die gemoedstemming baie belangriker as die uiterlike vorm.

Die Hebreeuse gedigte het nie die rym struktuur van Westerse poësie nie.  Hierdie gedigte is eerder gebaseer op paralellisme en aksentuele ritme. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is Ps 117.

            Loof die Here

                        Alle nasies

           Roem Hom

                     Alle volke

            Sy goedertierenheid is geweldig

                        Die trou.… is vir ewig.

En Job 3:20

            Lig aan ellendiges

                        Lewe aan verbitterd van siel.

Klaagliedere en sommige Psalms is ʼn Elegie. ʼn Hartseer gedig waarin die een gedagte voortbou op die vorige.

            Die paaie in Sion treur

            Al haar poorte is verlate. Klaagl 1:4

            Uit dieptes roep ek U aan, o Here

            Laat U ore luister na die stem van my smeking. (Ps 130:2)

Die Psalms kan verdeel word in Lofliedere, Gebede Belydenisse, Klaagliedere en Geskiedenis. Almal met die een sentrale gedagte, God.

Normaalweg is die gedig in die Bybel ʼn monoloog van dramatiese ervarings, benewelheid, nugterheid, ontroering of ironie in ʼn gesprek met God. Selfs die Klein Profete wat in digvorm geskryf is sentreer om God. Sy oordeel en seën. Dit bring perspektief op God, en die mens se ervarings en die aanvaarding van poësie deur God.                

Gedigte in die Nuwe Testament, soos die  Loflied van Maria en Sagaria, en. 1 Joh 2:12-14 en Openb. 15:3  toon ʼn ander styl as die van die Ou Testament geskryf.

Omdat die mens, bewustelik of onbewustelik hom gebind voel, of verlang het na ʼn hoër mag, is meeste Na- Bybelse digters in hulle poësie gerig op die Hoër Mag  God.

Gijsbrecht van Amstel 1600  skryf

            “Vergun, o God, op zijne bede,

            Naat’ Uw beloft’, Uw knecht verlof

            Opdat hij reiz’ in rust’ en vrede

Omhoog naar  t’ hemels vredehof”

Totius se “Godsbesluit” en WEG Louw se Passie van die Heer, en vele ander.

 

God se liefde vir Poësie, waarin Hy verheerlik word en die mens sy afhanklikheid bely.

AFRIKAANS, MY MOEDERTAAL.

(GHA) Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans Trofee vir Uitmuntende Prestasie in Afrikaans by die (BCVO) Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys.

https://www.afrikaans.org.za

https://www.bcvo.co.za

Willie Durand Spies het geen bekendstelling nodig nie. Hy is ’n voorvegter vir Afrikanerbelange en die Afrikaanse taal.
Die GHA is bevoorreg om ’n spreker van sy kaliber te kan aanbied as gasspreker by die GHA se 28ste Jaarvergadering wat vanjaar om 8:30 op Saterdag 21 Mei in die Paul Kruger Kerksaal plaasvind.
Mnr Spies was vanaf Augustus 2011 tot November 2017 die besturende direkteur van Pretoria FM, en daarna uitvoerende voorsitter tot op hede. Pretoria FM se slagspreuk is hoop, glo, en lééf in Afrikaans.

Daarby is Spies ook direkteur van Hurter Spies Ing vanaf April 2008 en het reeds talle sake vir AfriForum suksesvol behartig.

Willie, soos almal hom ken, het op 24 September 2007 tydens die GHA se aksie Pretoria bly Pretoria teen die SABC, deelgeneem as parlementslid van die VF+ toe ons met ’n optog in Aucklandpark beswaar gemaak het teen die
moedswillige gebruik van die naam Tshwane wanneer hulle berigte dra oor sake wat in Pretoria plaasvind.
Willie is getroud met Sandri van Wyk-Spies en saam het hulle sewe kinders.

GHA Streke

1. GOEIE HOOP

2. OVERBERG

3. WYNLAND

4. BOLAND

5. WESKAAP

6. SPRINGBOKVLAKTE

7. GROOT KAROO

8. FYNBOSLAND

9. LANGEBERG

10. OUTENIEKWA

 

11. OOSKAAP

12. KEISKAMMA

13. ORANIA

14. VRYSTAAT

15. DIAMANTVELD

16. KURUMAN

17. WITTEBERG

18. KLIPIVIER

19. PORT-NATAL

20. SUIDKUS

21. NOORDKUS

22. NOORDNATAL

23. UTRECHT

24. MORGENZON

25. STEENKOOLVELD

26. LAEVELD

27. HOOGLAND

28. LIMPOPO

29. VERRENOORD

30. WATERBERG

31. SWARTRUGGENS

32. WES-TRANSVAAL

33. VAALDRIEHOEK

34. WESRAND

35. PRETORIA

36. HARTLAND

37. OOSRAND

38. JOHANNESBURG

39. MIDRAND

40. VERWOERDBURG

Veertig streekverteenwoordigers

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans veg op die voorgrond vir die Afrikaanse taal.

Om dit te kan doen moet daar voortdurend na die GHA en sy strukture en strategie gekyk word om te kan voldoen aan die eise wat die stryd vra.

Verlede jaar het die GHA besluit om die land in streke op te deel en in elke streek ‘n verteenwoordiger aan te wys wat namens die GHA taalmiskenning kan aanspreek, nuwe lede werf en help om takke op die been te bring wat.

Dit sal aan die GHA groter momentum en meer sigbaarheid gee.

Die GHA het lede regoor die lengte en breedte van ons land, maar dit is nodig om hierdie lede in takverband betrokke te kry. Die taalstryd sal nooit slaag as daar slegs staat gemaak word op ‘n handjievol Hoofbestuurslede nie. 

Elke lid van die GHA wat dit erns het met die taal moet sy deel ook gee om uiteindelik suksesvol te kan wees.

Die Hoofbestuur het reeds talle persone geidentifiseer wat kwalifiseer om aangewys te word as verteenwoordigers en is besig om hulle dan ook aan te stel.

Die belangrikste vereiste van ‘n verteenwoordiger is dat die persoon ‘n ingeskrewe lid van die GHA moet wees en bereid is om namens die GHA in daardie streek op te tree. Lede wat graag so betrokke wil raak, kan die administratiewe beampte skakel by die GHA-hoofkantoor.

Manifes van die GHA

Laai die Manifes hier af.

Taakstelling van die GHA

Laai die Taakstelling hier af.

Ons Kamp!

Afrikaanse idiome

GHA Jaarprogram

GHA Jaarvergadering 2020

Die jaarvergadering vind plaas op Saterdag die 9de Mei 2020 om 8:30vm.

GHA Jaarvergadering 2020

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)